Joshua 11:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Josua het daardie hele land ingeneem, die heuwels en die hele Suidland en die hele land Gosen en die dal en die vlakte en die berg van Israel en die dal daarvan; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Josua het die hele gebied ingeneem: die heuwelgebied, die hele Negevgebied, die hele Gosengebied, die kusvlakte, die Jordaanvallei en die heuwels van Israel met hulle valleie. |
| Afrikaans 1933/1953 | So het Josua dan hierdie hele land ingeneem: die Gebergte en die hele Suidland en die hele land Gosen en die Laeveld en die Vlakte en die gebergte van Israel met sy laagte; |
| Afrikaans 1983 | Josua het die hele land ingeneem, die Bergland, die hele Suidland, die hele Gosengebied, die Laeveld, die Jordaanvallei en die Israelberge met hulle uitlopers. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Josua het hierdie hele landstreek verower: die bergland, die hele Negev, die hele Gosenstreek, die Sjefela en die Araba, die berggebiede van Israel en sy laer liggende dele, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josua het hierdie hele land gevat, die berge en die hele Suid-land en die hele land Gosen en die Laeveld en die Jordaan-vallei en die Israel-berge en die Laeveld daar naby. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Josua het die hele land ingeneem: die bergagtige gebiede, die hele suidelike deel, asook die hele gebied van Gosen, die laerliggende dele, die Jordaanvallei en die Israelberge met hulle voetheuwels. |