Joshua 11:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Soos die HERE sy kneg Moses beveel het, so het Moses Josua beveel, en so het Josua; hy het niks ongedaan gemaak van alles wat die HERE Moses beveel het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Alles wat die Here sy dienaar Moses beveel het, en wat Moses weer vir Josua opgedra het, het Josua gedoen. Hy het nêrens van enigiets wat die Here Moses beveel het, afgewyk nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Soos die HERE Moses, sy kneg, beveel het, so het Moses aan Josua bevel gegee, en so het Josua gehandel; hy het niks nagelaat van alles wat die HERE Moses beveel het nie. |
| Afrikaans 1983 | Wat die Here sy dienaar Moses beveel het, het Moses vir Josua beveel, en dit het Josua gedoen. Niks wat die Here vir Moses beveel het, is nagelaat nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Soos die Here Moses, sy dienskneg, beveel het, so het Moses vir Josua opdrag gegee, en presies so het Josua dit gedoen. Hy het niks agterweë gelaat van alles wat die Here Moses beveel het nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het voorheen vir Moses gesê wat hy moet doen, en Moses het vir Josua gesê om dit te doen. Josua het alles gedoen wat die Here vir Moses gesê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die opdragte wat die Here vir Moses sy dienaar gegee het, het Moses net so aan Josua oorgedra. Josua het dit alles stiptelik uitgevoer. |