Joshua 11:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En al die buit van hierdie stede en die vee het die kinders van Israel vir hulle as buit geneem; maar hulle het elkeen met die skerpte van die swaard verslaan totdat hulle hulle verdelg het, en hulle het niemand laat asemhaal nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Alles wat hulle in hierdie stede kon buit en die vee het Israel vir hulleself gehou. Hulle het die mense uitgeroei tot daar nie een oor was nie.
Afrikaans 1933/1953 En al die buit van daardie stede en die vee het die kinders van Israel vir hulleself buitgemaak; net al die mense het hulle verslaan met die skerpte van die swaard, totdat hulle die verdelg het; hulle het niks wat asemhaal, laat oorbly nie.
Afrikaans 1983 Die Israeliete het die buit en die vee van die stede gevat, maar al die mense doodgemaak. Hulle het die mense heeltemal uitgeroei. Nie een het bly lewe nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Al die buit van hierdie stede en die vee het die Israeliete vir hulleself gevat. Net die mense het hulle met die skerpte van die swaard getref, totdat hulle uitgedelg was. Hulle het niemand wat asemhaal, laat oorbly nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Israeliete het al die goed in die stede en al die diere vir hulleself gevat, maar hulle het al die mense doodgemaak, hulle het niemand laat aanhou lewe nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Israeliete het die buit en al die vee van die stede vir hulleself gevat, maar die inwoners het hulle doodgemaak.