Joshua 11:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Josua het al die stede van daardie konings en al hulle konings ingeneem en hulle met die skerpte van die swaard verslaan, en hy het hulle met die banvloek getref, soos Moses, die kneg van die HERE, beveel het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het ook al die omringende dorpe ingeneem en hulle konings en inwoners uitgewis. Dit was soos Moses, die dienaar van die Here, beveel het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En al daardie koningstede met al hulle konings het Josua geneem en hulle met die skerpte van die swaard verslaan; hy het hulle met die banvloek getref, soos Moses, die kneg van die HERE, beveel het. |
| Afrikaans 1983 | Josua het ook al die stede van die ander konings ingeneem en die konings en die mense uitgeroei soos Moses, die dienaar van die Here, beveel het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Al hierdie koningstede, met al hulle konings, het Josua verower. Hy het hulle met die skerpte van die swaard verslaan en hulle met die banvloek getref soos Moses, die dienskneg van die Here, beveel het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josua het al die stede van daardie konings oorwin, en hy het die konings en die mense almal doodgemaak, hy het gedoen soos Moses, die dienaar van die Here, gesê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Josua het ook al die stede van die ander konings ingeneem en die konings en die mense daarin uitgeroei volgens die opdrag van Moses die Here se dienaar. |