Joshua 11:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Josua het in dié tyd omgedraai en Hasor ingeneem en sy koning met die swaard verslaan, want Hasor was vroeër die hoof van al daardie koninkryke.
Afrikaans (NLV) 2011 Josua het toe omgedraai en Hasor ingeneem. Hy het sy koning met die swaard doodgemaak. Hasor was destyds die hoofstad van al die omringende koninkryke.
Afrikaans 1933/1953 En in die tyd het Josua omgedraai en Hasor ingeneem en sy koning met die swaard verslaan; want Hasor was tevore die hoof van al daardie koninkryke.
Afrikaans 1983 Daarna het Josua na Hasor toe gegaan, die stad ingeneem en sy koning doodgemaak. Hasor het vroeër die leiersposisie ingeneem tussen al die koninkryke daar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In daardie tyd het Josua teruggedraai, Gasor ingeneem en sy koning met die swaard doodgemaak. Vroeër was Gasor immers die belangrikste van al daardie koninkryke.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josua het toe na die stad Hasor gegaan. Hy het die stad oorwin en hy het die koning doodgemaak, want Hasor was voorheen die belangrikste stad van al die stede wat konings gehad het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daarna het Josua omgedraai, terug na Hasor toe. Ook dié stad het hy ingeneem en sy koning doodgemaak. Hasor was voorheen die magtigste van al die koninkryke in daardie omgewing.