Joshua 10:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die HERE vir Josua: Wees nie bevrees vir hulle nie, want Ek het hulle in jou hand gegee; daar mag geen man van hulle voor jou staan nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Jy hoef nie vir hulle bang te wees nie,” het die Here vir Josua gesê. “Ek gee hulle in jou mag oor. Nie een van hulle sal teen jou kan standhou nie.”
Afrikaans 1933/1953 En die HERE het aan Josua gesê: Wees nie bevrees vir hulle nie, want Ek gee hulle in jou hand; niemand van hulle sal voor jou standhou nie.
Afrikaans 1983 Die Here het vir Josua gesê: “Moenie vir hulle bang wees nie, Ek gee hulle in jou mag oor. Nie een van hulle is teen jou bestand nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het vir Josua gesê: “Moenie vir hulle bang wees nie, want Ek gee hulle in jou hand. Niemand van hulle sal voor jou staande bly nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het vir Josua gesê: “Jy moenie bang wees vir hulle nie, want Ek sal jou laat wen teen hulle, nie een van hulle sal iets teen jou kan doen nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het vir Josua gesê: “Moenie vir hulle bang wees nie. Die oorwinning is joune. Nie een van hulle sal teen jou kan bly staan nie.”