Joshua 10:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die manne van Gíbeon het na Josua na die laer na Gilgal gestuur om te sê: Moenie jou hand van u dienaars aftrek nie; kom gou na ons toe en verlos ons en help ons, want al die konings van die Amoriete wat op die berge woon, het teen ons vergader.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Gibeoniete het vir Josua in die kamp by Gilgal laat weet: “Moenie nou u dienaars in die steek laat nie. Kom tog vinnig hiernatoe om ons te red. Kom help ons. Al die Amoritiese konings wat in die heuwelgebied bly, het teen ons saamgespan.”
Afrikaans 1933/1953 Maar die manne van G¡beon het na Josua gestuur, in die laer van Gilgal, om te sê: Trek u hande nie af van u dienaars nie, kom gou op na ons toe en verlos ons en help ons; want al die konings van die Amoriete wat die Gebergte bewoon, het hulle teen ons verenig.
Afrikaans 1983 Die manne van Gibeon het vir Josua in die kamp by Gilgal laat weet: “Moet ons tog nie nou in die steek laat nie, u moet gou hiernatoe kom en ons red. U moet ons help, want al die Amoritiese konings in die Bergland het 'n bondgenootskap teen ons gesluit.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die manne van Gibeon het hierdie boodskap na Josua gestuur, na die kamp by Gilgal: “Moet u dienaars nie in die steek laat nie! Trek gou na ons op! Red ons en help ons! Want al die konings van die Amoriete wat in die bergland woon, het teen ons saamgetrek.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense van Gibeon het toe 'n boodskap gestuur na Josua in die kamp by Gilgal en hulle het gevra: “Jy moenie vir ons los nie, jy moet gou na ons toe kom en jy moet ons red en help, want al die konings van die Amoriete wat in die berge woon, het bymekaargekom om teen ons oorlog te maak.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die mense van Gibeon het dadelik boodskappers na Josua toe gestuur waar hy in die kamp by Gilgal was en vir hom gesê: “Moet julle dienaar asseblief nie nou in die steek laat nie! Kom gou! Kom red ons! Al die Amoritiese konings van die berggebiede het saamgespan en ons aangeval!”