Joshua 10:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom het die vyf konings van die Amoriete, die koning van Jerusalem, die koning van Hebron, die koning van Jarmut, die koning van Lagis, die koning van Eglon, bymekaargekom en opgetrek, hulle en al hulle leërs, en laer opgeslaan voor Gibeon en daarteen oorlog gevoer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die vyf Amoritiese konings, dié van Jerusalem, Hebron, Jarmut, Lakis en Eglon, het toe hulle magte gekombineer. Hulle het gaan kamp opslaan by Gibeon om teen hom oorlog te maak. |
| Afrikaans 1933/1953 | So het dan die vyf Amoritiese konings vergader en opgetrek: die koning van Jerusalem, die koning van Hebron, die koning van Jarmut, die koning van Lagis, die koning van Eglon, hulle en al hul leërmagte; en hulle het G¡beon beleër en daarteen geveg. |
| Afrikaans 1983 | Die vyf Amoritiese konings, die konings van Jerusalem, Hebron, Jarmut, Lakis en Eglon, het toe elkeen met sy hele leër gekom, hulle manskappe teen Gibeon ontplooi en die aanval begin. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die vyf konings van die Amoriete het toe bymekaargekom en opgetrek – die koning van Jerusalem, die koning van Hebron, die koning van Jarmut, die koning van Lagis en die koning van Eglon – hulle met al hulle leërs. Hulle het Gibeon beleër en teen die stad oorlog gevoer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die vyf konings van die Amoriete het toe bymekaargekom, dit was die konings van Jerusalem, Hebron, Jarmut, Lakis en Eglon. Hulle en hulle leërs het hulle tente opgeslaan by Gibeon en hulle het begin om oorlog te maak teen die stad. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe het hierdie vyf Amoritiese konings, die konings van Jerusalem, Hebron, Jarmut, Lakis en Eglon, hulle magte saamgesnoer en Gibeon aangeval. |