Joshua 10:42 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En al hierdie konings en hulle land het Josua op een slag ingeneem, omdat die HERE, die God van Israel, vir Israel geveg het.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het al hierdie gebiede en hulle konings in een enkele veldtog oorwin. Die Here, die God van Israel, het saam met Israel geveg.
Afrikaans 1933/1953 En al hierdie konings met hulle land het Josua in een slag geneem, omdat die HERE, die God van Israel, vir Israel gestry het.
Afrikaans 1983 Hy het al die konings en hulle lande in een veldtog oorwin, want die Here die God van Israel het die oorlog vir Israel gevoer.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) al hierdie konings en hulle land het Josua met een veldtog verower, want die Here, die God van Israel, het vir Israel geveg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josua het al die konings en hulle lande gevat in dieselfde tyd, want die Here, die God van Israel, het self oorlog gemaak, sodat die Israeliete hulle vyande kon oorwin.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Josua het al hierdie konings en hulle gebiede in een veldtog oorwin, omdat die Here die God van Israel aan Israel se kant geveg het.