Joshua 10:40 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Josua het die hele land van die heuwels en van die suide en van die dal en van die fonteine en al hulle konings verslaan; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | So het Josua die hele gebied ingeneem: die heuwelgebied, die Negevwoestyn, die kusvlakte en die hange tussenin met al hulle konings. Niemand het vrygekom nie. Hy het alles wat leef met die banvloek uitgewis, net soos die Here, die God van Israel, beveel het. |
| Afrikaans 1933/1953 | So het Josua dan die hele land verslaan, die Gebergte en die Suidland en die Laeveld en die Hange met al hulle konings sonder om iemand te laat oorbly wat vrygeraak het; en alles wat asemhaal, het hy met die banvloek getref, soos die HERE, die God van Israel, beveel het. |
| Afrikaans 1983 | Josua het die hele gebied platgeloop, die Bergland, die Suidland, die Laeveld, die Hange, al die konings daar. Hy het niemand laat vrykom nie. Hy het alles wat asem het, uitgeroei, soos die Here die God van Israel beveel het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Josua het die hele land verslaan, die bergland, die Negev, die Sjefela en die berghange met al hulle konings. Hy het niemand laat vrykom nie. Alle mense het hy met die banvloek getref, soos die Here, die God van Israel, beveel het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josua het die hele land oorwin, die Bergland, die Suid-land, die Laeveld en die land naby die see. Josua het al daardie konings oorwin en hy het niemand laat aanhou lewe nie. Hy het elke mens wat daar gewoon het, aan die Here gewy, soos die Here, die God van Israel, gesê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Josua het die hele gebied verower: die berggebiede met hulle volke en konings, die woestynagtige suidelike gebiede, die vlaktestreke en ook die oostelike hange by die Dooie See. Hy het niemand se lewe gespaar nie, maar hulle voor die voet uitgeroei, soos die Here, die God van Israel beveel het. |