Joshua 10:39 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het dit ingeneem met sy koning en al sy stede; en hulle het hulle met die skerpte van die swaard verslaan en al die siele wat daarin was, met die banvloek getref; hy het niemand oorgebly nie; soos hy met Hebron gedoen het, so het hy met Debir en met sy koning gedoen; soos hy ook met Libna en haar koning gedoen het.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het die stad, sy koning en al die dorpies rondom verower. Hy het almal wat daar gebly het, doodgemaak. Nie ’n siel daarin het oorleef nie. Hy het met Debir en sy koning gedoen soos hy met Hebron en Libna en sy koning gedoen het.
Afrikaans 1933/1953 En hy het dit geneem met sy koning en al sy stede; en hulle het hulle met die skerpte van die swaard verslaan en al die siele wat daarin was, met die banvloek getref sonder om iemand te laat oorbly wat vrygeraak het; soos hy met Hebron gedoen het, so het hy met Debir en sy koning gedoen, en soos hy met Libna en sy koning gedoen het.
Afrikaans 1983 Hy het dit ingeneem, die koning en die inwoners van die buitedorpe doodgemaak en al die mense in die stad uitgeroei. Niemand het ontkom nie. Soos hy met Hebron en met Libna en sy koning gedoen het, het hy ook met Debir en sy koning gedoen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het dit met al sy dorpies ingeneem. Die koning het hy gevange geneem. Hy het hulle met die skerpte van die swaard verslaan, elke persoon daarin met die banvloek getref en niemand laat vrykom nie. Soos hy met Hebron gemaak het, so het hy ook met Debir en sy koning gemaak, net soos hy met Libna en sy koning gemaak het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) en oorwin en hulle het die koning en al die mense in die stad doodgemaak. Almal in die stad was gewy aan die Here. Niemand in die stad het aangehou lewe nie. Josua het met die stad Debir en sy koning dieselfde gedoen soos hy gedoen het met die stad Hebron en die stad Libna en hulle konings.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Josua het die stad ingeneem, die koning en al die inwoners van die omringende dorpe doodgemaak en al die mense in die stad uitgeroei. Net soos in die geval van Libna en Hebron het Josua Debir ook heeltemal vernietig. Niemand het weggekom nie.