Joshua 10:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle het dit op dié dag ingeneem en dit met die skerpte van die swaard verslaan, en al die siele wat daarin was, het hy daardie dag met die banvloek getref, net soos hy met Lagis gedoen het.
Afrikaans (NLV) 2011 Op dieselfde dag nog het hulle die stad ingeneem en al wat daarin leef, doodgemaak. Hy het daardie dag die stad uitgewis net soos hy met Lakis gedoen het.
Afrikaans 1933/1953 En hulle het dit ingeneem op dieselfde dag en dit verslaan met die skerpte van die swaard; en al die siele wat daarin was, het hy op dieselfde dag met die banvloek getref net soos hy met Lagis gedoen het.
Afrikaans 1983 Hulle het die stad nog dieselfde dag ingeneem en al wat leef daarin doodgemaak. Josua het die hele stad uitgeroei, net soos hy met Lakis gedoen het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het die stad op dieselfde dag ingeneem en dit met die skerpte van die swaard verslaan. Elke persoon daarin het hy nog dieselfde dag met die banvloek getref, net soos hy met Lagis gemaak het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het daardie dag die stad oorwin en hulle het al die mense in die stad doodgemaak, soos hulle gedoen het met die mense van Lakis.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle het die stad nog dieselfde dag ingeneem en almal daarin doodgemaak. Net soos in Lakis se geval, het hy alles en almal in die stad vernietig.