Joshua 10:34 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Josua het van Lagis af na Eglon getrek, en die hele Israel saam met hom; en hulle het daarteen laer opgeslaan en daarteen geveg. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Van Lakis af is Josua saam met al die Israeliete na Eglon toe. Hy het die stad beleër om daarteen te veg. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop trek Josua oor en die hele Israel met hom saam van Lagis na Eglon om dit te beleër en daarteen te veg. |
| Afrikaans 1983 | Van Lakis af is Josua, met die hele Israel by hom, na Eglon toe. Hy het sy manskappe teen die stad ontplooi en dit aangeval. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Josua en die hele Israel saam met hom het van Lagis af getrek na Eglon. Hy het dit beleër en teen die stad oorlog gevoer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Josua en al die manne van Israel het verder gegaan van Lakis na die stad Eglon. Hulle het hulle tente opgeslaan rondom die stad en hulle het die stad aangeval. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Van hier af het Josua en die volk verder getrek na Eglon toe. Daar aangekom, het hulle dit omsingel en toe aangeval. |