Joshua 10:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE het Lakis in die hand van Israel gegee, wat dit op die tweede dag ingeneem en dit met die skerpte van die swaard verslaan het, en al die siele wat daarin was, net soos hy met Libna gedoen het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het ook Lakis in Israel se hand oorgegee. Hulle het op die tweede dag die stad ingeneem en al wat daarin bly, doodgemaak, net soos hulle met Libna gemaak het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE het Lagis in die hand van Israel gegee, sodat hy dit ingeneem het op die tweede dag en dit met al die siele wat daarin was, met die skerpte van die swaard verslaan het net soos hy met Libna gedoen het. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het Lakis in die mag van Israel oorgegee, en Israel het die stad na twee dae ingeneem en al wat leef daarin doodgemaak, net soos hy met Libna gedoen het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het Lagis in die hand van Israel gegee. Josua het die stad op die tweede dag ingeneem en dit en elke persoon daarin met die skerpte van die swaard verslaan, net soos hy met Libna gemaak het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het die Israeliete laat wen teen die mense van Lakis. Josua het die stad oorwin op die tweede dag. Hy het al die mense in die stad doodgemaak, soos hy gedoen het met die mense in Libna. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op die tweede dag van die stryd het die Here Lakis in Israel se mag oorgegee. Net soos by Libna het hulle ook almal in die stad doodgemaak. |