Joshua 10:30 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE het dit ook met sy koning in die hand van Israel gegee; en hy het dit met die skerpte van die swaard verslaan, en al die siele wat daarin was; hy het niemand daarin laat oorbly nie; maar het aan sy koning gedoen soos hy met die koning van Jérigo gedoen het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het ook hierdie stad met sy koning aan Israel gegee. Josua het al die mense wat in die stad gebly het, doodgemaak. Nie een het oorleef nie. Josua het met Libna se koning gedoen wat hy met die koning van Jerigo gedoen het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE het dit ook met sy koning in die hand van Israel gegee, en hy het dit verslaan met die skerpte van die swaard en al die siele wat daarin was; hy het niemand daarin laat vryraak nie; en hy het met sy koning gedoen net soos met die koning van J,rigo. |
| Afrikaans 1983 | en die Here het ook dié stad met sy koning in die mag van Israel oorgegee. Josua het die mense, al wat leef in die stad, doodgemaak. Niemand het vrygekom nie. Hy het met die koning van Libna gedoen soos met die koning van Jerigo. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het ook Libna en sy koning in Israel se hand gegee. Hy het die stad en elke persoon daarin met die skerpte van die swaard verslaan. Hy het niemand daarin laat vrykom nie, en hy het met sy koning gemaak soos hy met die koning van Jerigo gemaak het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het die Israeliete laat wen teen die mense van Libna en teen die koning van die stad. Hy het almal in die stad laat doodmaak. Nie een het aangehou lewe nie. Josua het met die koning van Libna dieselfde gedoen wat hy gedoen het met die koning van Jerigo. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het ook vir Israel ’n oorwinning oor hierdie stad laat behaal. Hulle het niemand se lewe gespaar nie. Ook die koning van Libna is doodgemaak. |