Joshua 10:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En daardie dag het Josua Makkeda ingeneem en dit met die skerpte van die swaard verslaan, en sy koning het hy met die banvloek getref, hulle en al die siele wat daarin was; en hy het met die koning van Makkéda gedoen soos hy met die koning van Jérigo gedoen het.
Afrikaans (NLV) 2011 Daardie selfde dag nog het Josua ook Makkeda ingeneem. Hy het die koning en elkeen wat in die stad bly, heeltemal uitgewis. Daar het nie ’n mens daarin oorgebly nie. Hy het met Makkeda se koning net so gemaak soos met die koning van Jerigo.
Afrikaans 1933/1953 Daardie dag het Josua ook Makk,da ingeneem en dit met die skerpte van die swaard verslaan; en sy koning, die stad self en al die siele wat daarin was, het hy met die banvloek getref sonder iemand te laat oorbly wat vrygeraak het; en met die koning van Makk,da het hy gedoen net soos met die koning van J,rigo.
Afrikaans 1983 Daardie dag het Josua ook Makkeda ingeneem. Hy het die mense en hulle koning laat doodmaak en al wat leef in die stad uitgeroei. Niemand het vrygekom nie. Hy het met die koning van Makkeda gedoen soos met die koning van Jerigo.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Josua het ook Makkeda op daardie dag ingeneem, en die stad en sy koning met die skerpte van die swaard verslaan. Hy het hulle en elke persoon daarin met die banvloek getref. Hy het niemand laat vrykom nie. Met die koning van Makkeda het hy gemaak soos hy met die koning van Jerigo gemaak het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josua het daardie dag ook die stad Makkeda oorwin en hy het die mense in die stad doodgemaak. Hy het gesê hulle is gewy aan die Here en hy het hulle almal doodgemaak, daar het niemand vry weggekom nie. Josua het met die koning van Makkeda dieselfde gedoen wat hy gedoen het met die koning van Jerigo.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daardie selfde dag het Josua Makkeda ook ingeneem en verwoes. Hy het die mense en hulle koning doodgemaak. Alles in die stad is uitgeroei. Daar het niks oorgebly nie. Die koning van Makkeda is, net soos die koning van Jerigo, ook doodgemaak.