Joshua 10:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En in die tyd dat die son ondergaan het, het Josua bevel gegee, en hulle het dit van die bome afgehaal en dit in die grot gegooi waarin hulle weggesteek was, en groot klippe in die bek van die grot gelê en wat oorbly tot vandag toe.
Afrikaans (NLV) 2011 Terwyl die son ondergaan, het Josua beveel om hulle liggame van die bome af te haal. Hulle het dit in die grot gaan gooi waar die konings weggekruip het. Hulle het weer klippe voor die bek van die grot gerol. Dit is vandag nog daar.
Afrikaans 1933/1953 En teen sonsondergang het Josua bevel gegee om hulle van die pale af te haal en in die spelonk te gooi waarin hulle weggekruip het; en hulle het groot klippe voor die ingang van die spelonk gepak, wat vandag nog daar is.
Afrikaans 1983 Met sononder is hulle op bevel van Josua van die bome af afgehaal en in die grot gegooi waar hulle weggekruip het. Die bek van die grot is met groot klippe toegepak. Dié is tot vandag toe nog daar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Teen sononder het Josua bevel gegee, en hulle is van die pale afgehaal en in die grot gegooi waar hulle weggekruip het. Groot klippe is voor die ingang van die grot gepak, wat tot vandag toe nog daar is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe die son ondergaan, het Josua gesê hulle moet die liggame afhaal van die bome. Hulle het dit gedoen en hulle het die liggame in die grot gegooi waar die vyf konings weggekruip het. Toe het hulle groot klippe voor die grot gesit. Die klippe is nou nog daar.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Met sononder is hulle op Josua se bevel van die bome afgehaal en in die grot gegooi waarin hulle vroeër weggekruip het. Die ingang van die grot is toe met groot klippe toegepak as ’n blywende herinneringsteken.