Joshua 10:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe hulle daardie konings na Josua uitgebring het, het Josua al die manne van Israel geroep en aan die owerstes van die krygsmanne wat saam met hom getrek het, gesê: Kom nader, sit julle voete op die nekke van hierdie konings. En hulle het nader gekom en hul voete op die nekke van hulle gesit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nadat hulle die konings na Josua toe gebring het, het hy al die Israeliete bymekaargeroep. Hy sê toe vir die offisiere wat saam met hom gegaan het: “Kom hier, kom sit julle voete op die konings se nekke.” Hulle het dit toe gedoen. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe hulle die konings uitgebring het na Josua, roep Josua al die manne van Israel en sê aan die aanvoerders van die krygsmanne wat met hom saam getrek het: Kom nader, sit julle voete op die nekke van hierdie konings; en hulle het nader gekom en hul voete op hulle nekke gesit. |
| Afrikaans 1983 | Nadat hulle die konings na Josua toe gebring het, roep hy al die Israeliete en sê vir die offisiere wat met hom saamgegaan het: “Kom hier, sit julle voete op die konings se nekke.” Hulle het dit toe gedoen, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nadat hulle hierdie konings na Josua uitgebring het, het Josua al die manne van Israel geroep. Hy het vir die •aanvoerders van die krygsmanne wat saam met hom gegaan het, gesê: “Kom nader! Sit julle voete op die nekke van hierdie konings!” Hulle het toe nader gegaan en hulle voete op die nekke van die konings gesit. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Nadat hulle die konings na Josua gebring het, het Josua al die Israeliete geroep en hy het gepraat met die leiers van die manne wat saam met hom oorlog gemaak het. Hy het vir hulle gesê: “Kom sit julle voete op die nekke van hierdie konings.” Die leiers het gekom en hulle het hulle voete op die nekke van daardie konings gesit. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy roep toe al die manskappe nader en sê vir sy offisiere: “Kom hier, kom sit julle voete op die konings se nekke as teken dat hulle verslaan en verneder is.” Die offisiere het dit toe gedoen. |