Joshua 10:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe Josua en die kinders van Israel klaar gemaak het om hulle met 'n baie groot slagting dood te maak, totdat hulle verteer was, het die res wat van hulle oorgebly het, in omheinde stede ingegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Josua en die Israeliete het hulle heeltemal uitgewis. ’n Klein klompie van hulle het oorleef en na die versterkte stede ontvlug.
Afrikaans 1933/1953 En toe Josua en die kinders van Israel hulle heeltemal verslaan het met 'n baie groot slag totdat hulle vernietig was, en enkele uit hulle vrygeraak en in die versterkte stede ingegaan het,
Afrikaans 1983 [20-21] Toe Josua en die Israeliete klaar was met die groot slagting onder die vyande, is al die manskappe behoue terug na die kamp toe, na Josua toe in Makkeda. Die vyand is tot die laaste man toe doodgemaak, afgesien van die paar wat ontkom en die vestingstede gehaal het. Niemand het dit gewaag om iets teen die Israeliete te sê nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Nadat Josua en die Israeliete hulle klaar 'n baie groot nederlaag toegedien het, totdat hulle uitgewis was – die vrygeraaktes onder hulle het ontvlug en in die versterkte stede aangekom –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josua en die Israeliete het aangehou om die Amoriete te volg en dood te maak en hulle het baie Amoriete doodgemaak. Min Amoriete het vry weggekom en min het ingegaan in die stede wat sterk mure gehad het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Israelitiese soldate het hulle omtrent almal uitgeroei behalwe ’n paar wat weggekom het en in hulle versterkte stede gaan wegkruip het.