Joshua 10:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dat hulle baie bang was, omdat Gíbeon 'n groot stad was, soos een van die koninklike stede, en omdat dit groter was as Ai, en al sy manne was magtiges.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy en sy mense het baie bang geword. Gibeon was ’n sterk stad. Dit was groter as Ai en so sterk soos ’n stad met ’n koning. Sy soldate was dapper vegters.
Afrikaans 1933/1953 het hulle baie bevrees geword, omdat G¡beon 'n groot stad was, soos een van die koningstede, en omdat hy groter as Ai en al sy manne helde was.
Afrikaans 1983 Die mense van Jerusalem het baie bang geword, want Gibeon was 'n belangrike stad, soos 'n stad met 'n koning, en groter as Ai, en al sy manne was dapper vegters.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) het hy vreesbevange geword. Gibeon was immers 'n groot stad, soos een van die koningstede – ja, dit was groter as Ai, en al sy manne was helde.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense van Jerusalem het toe baie bang geword, want Gibeon was 'n groot stad. Dit was soos die stad van 'n koning, dit was groter as die stad Ai, en al die manne van Gibeon kon goed oorlog maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit het die mense van Jerusalem baie bang gemaak, want Gibeon was ’n groot stad net soos enigeen van die ander koninklike stede; dit was selfs groter as Ai en die soldate van dié stad was baie goeie vegters.