Joshua 10:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En bly julle nie, maar jaag julle vyande agterna en verslaan die agterstes van hulle; laat hulle nie toe om in hul stede in te gaan nie, want die HERE jou God het hulle in jou hand gegee. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Julle ander moenie daar bly nie. Agtervolg die vyand. Vel hulle neer. Moenie toelaat dat hulle by hulle stede uitkom nie. Die Here julle God gee hulle oor aan julle.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar julle, moenie bly staan nie; jaag julle vyande agterna en sny hulle agterhoede af; laat hulle nie toe om in hul stede in te kom nie, want die HERE julle God gee hulle in julle hand. |
| Afrikaans 1983 | Maar julle moenie daar bly staan nie. Agtervolg julle vyande en val hulle van agter af aan. Moenie dat hulle by hulle stede kom nie. Die Here julle God het hulle in julle mag oorgegee.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En wat julle betref, julle moet nie bly staan nie; agtervolg julle vyande en val hulle van agter aan. Moet hulle nie toelaat om hulle stede te bereik nie, want die Here julle God gee hulle in julle hand.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar julle moenie daar bly staan nie, julle moet julle vyande volg en jaag en julle moet hulle van agter aanval. Julle moet keer sodat hulle nie in hulle stede kom nie, want God sal julle laat wen teen hulle.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die res van julle agtervolg julle vyande en maak hulle dood, moenie toelaat dat hulle by hulle stede uitkom nie. Die Here julle God het hulle in julle mag oorgegee.” |