Joshua 10:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Josua met die HERE gespreek op die dag toe die HERE die Amoriete aan die kinders van Israel oorgegee het, en hy het voor die oë van Israel gesê: Son, staan stil op Gíbeon; en jy, maan, in die dal Ajalon.
Afrikaans (NLV) 2011 Op die dag dat die Here vir Israel oorwinning gegee het oor die Amoriete, het Josua die Here om hulp gevra. Voor almal het hy by die Here gebid: “Laat die son tog stilstaan bo Gibeon. Laat die maan stilstaan oor die Ajalonlaagte!”
Afrikaans 1933/1953 Toe het Josua met die HERE gespreek, op die dag dat die HERE die Amoriete aan die kinders van Israel oorgegee het, en voor die oë van Israel gesê: Son, staan stil in G¡beon, en maan, in die dal van Ajalon!
Afrikaans 1983 Dié dag toe die Here die Amoriete in die mag van die Israeliete gegee het, het Josua die Here om hulp gevra. Ten aanhore van Israel het hy gesê: “Son, staan stil in Gibeon, en maan, staan stil in Ajalonlaagte!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dit was in dié tyd dat Josua met die Here gepraat het, die dag toe die Here die Amoriete aan die Israeliete oorgelewer het. Hy het, terwyl Israel toekyk, gesê: “Son, staan stil in Gibeon, en maan, in die vallei van Ajalon! ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Josua het daardie dag met die Here gepraat, die dag toe die Here die Israeliete laat wen het teen die Amoriete. Die Israeliete het gehoor toe Josua sê: “Son, jy moet stilstaan by die stad Gibeon, maan, jy moet stilstaan in die Ajalon-vallei.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op die dag waarop die Here aan Israel die oorwinning oor die Amoriete gegee het, het Josua voor die manskappe vir die Here hulp gevra en gesê: “Son, staan asseblief stil oor Gibeon en maan, oor die vallei van Ajalon.”