Joshua 10:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit het gebeur toe Adonisédek, die koning van Jerusalem, hoor hoe Josua Ai ingeneem en met die banvloek getref het; soos hy met Jerigo en haar koning gedoen het, so het hy met Ai en haar koning gedoen; en hoe die inwoners van Gíbeon vrede gemaak het met Israel en onder hulle was;
Afrikaans (NLV) 2011 Adoni-Sedek was die koning van Jerusalem. Hy het gehoor dat Josua Ai ingeneem en dit heeltemal verwoes het, net soos hy met Jerigo gemaak het. Hy het gehoor dat hy ook so gemaak het met sowel Ai se koning as dié van Jerigo. Hy het ook gehoor van die verdrag wat die Gibeoniete met Israel gesluit het en dat hulle nou tussen hulle woon.
Afrikaans 1933/1953 En toe Adoni-Sedek, die koning van Jerusalem, hoor dat Josua Ai ingeneem en dit met die banvloek getref het -- soos hy met J,rigo en sy koning gedoen het, so het hy met Ai en sy koning gedoen -- en dat die inwoners van G¡beon vrede gesluit het met Israel en in hulle midde was,
Afrikaans 1983 Koning Adoni-Sedek van Jerusalem het gehoor dat Josua Ai ingeneem en heeltemal vernietig het, dat hy met Ai en sy koning dieselfde gedoen het as wat hy met Jerigo en sy koning gedoen het, en ook dat die inwoners van Gibeon met Israel vrede gemaak het en by hulle woon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Adoni-Sedek, die koning van Jerusalem, hoor dat Josua Ai ingeneem en dit met die banvloek getref het, dat hy met Ai en sy koning gedoen het wat hy met Jerigo en sy koning gedoen het, en dat die inwoners van Gibeon met Israel vrede gesluit het en tussen hulle was,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Koning Adoni-Sedek van Jerusalem het gehoor wat gebeur het. Hy het gehoor dat Josua die stad Ai oorwin het en dat hy die stad heeltemal verwoes het. Hy het gehoor dat Josua met Ai en sy koning dieselfde gedoen het wat hy gedoen het met Jerigo en sy koning. Hy het ook gehoor dat die mense van Gibeon vrede gemaak het met die Israeliete, en dat die Israeliete tussen die mense van Gibeon gaan woon het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Koning Adoni-Sedek van Jerusalem het gehoor dat Josua Ai verower en heeltemal vernietig het en dat hy die koning van Ai doodgemaak het, net soos hy met Jerigo en sy koning gedoen het. Hy het ook gehoor dat die Gibeoniete vrede gemaak het met die Israeliete en nou by hulle bly.