Jonah 4:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe die son opkom, het God 'n hewige oostewind voorberei; en die son het op die hoof van Jona geslaan, dat hy beswyk het en in homself wou sterwe en gesê het: Dit is vir my beter om te sterwe as om te lewe.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe die son opkom, het God ’n skroeiende oostewind laat opsteek. Die son het so op Jona se kop neergebrand dat hy swak begin voel het en gewens het om dood te gaan. Hy het gesê: “Dit is beter om dood te gaan as om te lewe!”
Afrikaans 1933/1953 En met sonop het God 'n gloeiende oostewind beskik; en toe die son op die hoof van Jona steek, het hy magteloos geword en gewens dat hy mag sterwe, en gesê: Dit is vir my beter om te sterwe as om te lewe.
Afrikaans 1983 Toe die son opkom, het God 'n skroeiende sterk wind uit die ooste laat waai. Die son het vir Jona op sy kop gesteek, en hy het baie swak geword en gewens om maar liewer te sterf. Hy het gesê: “Dit is vir my beter om te sterf as om te lewe.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Teen sonop het God 'n gloeiende oostewind beskik, en toe die son op Jona se kop bak, het hy duiselig geraak en gewens hy gaan dood. Hy het gesê: “Dit is vir my beter om te sterf as om te leef.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe die son opkom, het God ook 'n warm oostewind laat waai, en die son het Jona se kop gebrand. Jona het amper flou geword en hy het gewens hy gaan dood. Hy het gesê: “Ek wil sterf, ek wil nie lewe nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die son het al warmer geword. Soos die dag vorder, het God ’n skroeiende warm wind uit die ooste laat waai. Die son het so warm op Jona gebrand en hom so gedaan gemaak dat hy naderhand gewens het dat hy tog maar liewer dood was. Hy sê toe weer soos hy gesê het: “Dit is beter as ek nie verder lewe nie.”