Jonah 4:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die HERE God het 'n kalbas berei en dit oor Jona laat opkom, sodat dit 'n skaduwee oor sy hoof kon wees om hom van sy droefheid te verlos. En Jona was baie bly oor die kalbas.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here God het toe ’n plant laat groei wat skaduwee oor Jona se kop gemaak het. Dit het hom beter laat voel. Jona was baie bly oor die plant.
Afrikaans 1933/1953 Toe beskik die HERE God 'n wonderboom en laat dit oor Jona opskiet om te dien as skaduwee oor sy hoof, om hom van sy ontstemdheid te bevry; en Jona was baie bly oor die wonderboom.
Afrikaans 1983 Toe laat die Here God 'n komkommerplant opkom, en dit het bo-oor Jona gerank om skaduwee te gee vir sy kop en om hom van sy misnoeë te bevry. Jona was baie bly oor die komkommerplant.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe het die Here God 'n kasterolieplant beskik om oor Jona op te kom vir 'n skaduwee oor sy kop en om hom van sy onvergenoegdheid te bevry. Jona was baie bly oor die kasterolieplant.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het 'n plant laat groei, en die plant het skaduwee gemaak oor Jona se kop. Die son het hom nie gebrand nie. Jona was baie bly oor die plant.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here God laat toe ’n wonderplant opkom. Dit het ’n skaduwee oor Jona gegooi wat dit vir hom baie gemakliker gemaak het. Jona was baie bly oor die wonderplant.