Jonah 4:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jona het toe uit die stad gegaan en aan die oostekant van die stad gaan sit en vir hom 'n hutte gemaak en in die skadu daaronder gaan sit totdat hy kon sien wat van die stad sou word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jona is toe uit die stad uit. Hy het aan die oostekant van die stad gaan sit en vir hom ’n skuiling gemaak. Hy het onder die skuiling gesit terwyl hy gewag het om te sien of iets met die stad sou gebeur. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Jona het die stad verlaat en aan die oostekant van die stad gaan sit. Daar maak hy toe vir hom 'n skerm, en hy gaan daaronder in die skaduwee sit, totdat hy sou sien wat met die stad gebeur. |
| Afrikaans 1983 | Jona is toe uit die stad uit. Hy het oos van die stad gaan sit en vir hom 'n skerm gebou. Hy het daaronder in die skaduwee gaan sit om te sien wat in die stad gebeur. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jona het by die stad uitgegaan en aan die oostekant gaan sit. Daar het hy vir hom 'n takskerm gemaak en daaronder in die skaduwee gaan sit, sodat hy kon sien wat met die stad gebeur. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jona het uit die stad geloop en hy het oos van die stad gaan sit. Hy het vir hom 'n afdak gemaak en in die skaduwee gaan sit. Hy wou sien wat met die stad gebeur. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jona is toe uit die stad uit. Hy het oos van die stad vir hom ’n skerm gaan maak sodat hy daaronder in die skaduwee kon sit. Hy het daar gaan sit om te kyk of daar iets met die stad gaan gebeur. |