Jonah 4:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En moet ek Nineve, die groot stad, nie spaar nie, waarin meer as sestigduisend mense is wat nie tussen hulle regter- en hulle linkerhand kan onderskei nie; en ook baie beeste? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nineve het meer as 120 000 mense wat nie weet wat reg of verkeerd is nie en ook baie diere. Sal Ek dan nie medelye hê oor die groot stad Nineve nie?” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar Ek mag Ninev,, die groot stad, nie spaar nie waarin meer as honderd en twintig duisend mense is wat die onderskeid tussen hulle regter-- en hulle linkerhand nie weet nie, en baie vee? |
| Afrikaans 1983 | Maar Ek mag nie besorg wees oor die groot stad Nineve nie, 'n stad waarin daar meer as honderd en twintig duisend mense is wat nie weet wat reg of verkeerd is nie, en ook nog baie diere?” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Ek, Ek mag nie besorg wees oor Nineve nie, die groot stad waarin daar meer as honderd-en-twintigduisend mense is wat die verskil tussen regs en links nie ken nie, en ook nog baie diere? ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar jy sê Ek mag nie bekommerd wees oor die stad Nineve nie. Dit is 'n groot stad, daar is meer as 120 000 mense in die stad. Hulle weet nie wat is reg en wat is verkeerd nie. Daar is ook baie diere in die stad. Mag Ek nie oor hulle bekommerd wees nie?” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar jy wil nie hê Ek moet bekommerd wees oor die groot stad Nineve nie, waarin daar meer as 120 000 mense bly wat nie reg van verkeerd kan onderskei nie en waarin daar so baie diere is. Het Ek nie die reg om My oor hulle te bekommer nie?” |