Jonah 4:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die HERE: U het U ontferm oor die kalbas, waarvoor U nie gearbei en nie laat groei het nie; wat in 'n nag opgekom en in 'n nag omgekom het; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Ja, ek is so kwaad dat ek kan sterf!” Toe sê die Here: “Jy is ontsteld oor die plant en dit terwyl jy niks gedoen het om die plant te versorg of te laat groei nie. Die plant het oornag opgekom en is weer oornag vernietig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder sê die HERE: Jy wil die wonderboom spaar waar jy geen arbeid aan bestee het nie en wat jy nie grootgemaak het nie, wat in een nag ontstaan en in een nag vergaan het. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het vir Jona gesê: “Jy is besorg oor die komkommerplant waarvoor jy nie gewerk het nie en wat jy nie versorg het nie. Dit het oornag opgekom en oornag is dit dood. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sê die Here: “Jy is besorg oor die kasterolieplant waarmee jy geen moeite gedoen het nie en wat jy nie laat groei het nie, wat oornag opgekom het en oornag tot niet is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir Jona gesê: “Jy is bekommerd oor die plant, maar jy het dit nie geplant nie, jy het nie gewerk om dit te laat groei nie. Jy het nie die plant opgepas nie. Die plant het in die nag begin groei en dit het in die nag doodgegaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Nou toe nou,” sê die Here vir hom. “Jy dink jy het die reg om kwaad te wees oor ’n plant waarvoor jy nie ’n oomblik moeite gedoen het om dit te laat groei nie, wat oornag op sy eie opgekom en weer net so verdwyn het. |