Jonah 3:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het dit in Nineve laat verkondig en bekend gemaak deur die bevel van die koning en sy edeles, en gesê: Laat geen mens of dier, beeste of kleinvee iets proe nie; laat hulle nie wei en geen water drink nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die koning en sy amptenare het toe die volgende bevel deur die stad gestuur: “Niemand nie, nie eers die diere, mag enigsins iets eet of drink nie.
Afrikaans 1933/1953 En hy het in Ninev, laat uitroep en sê: Op las van die koning en sy groot manne -- geen mens of dier, beeste of kleinvee mag aan iets proe nie, hulle mag nie wei of water drink nie;
Afrikaans 1983 Hy het in Nineve laat proklameer: “Die koning en sy raadgewers beveel dat mens en dier, grootvee en kleinvee, aan niks mag proe nie, dat hulle niks mag eet en nie water mag drink nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het in Nineve laat afkondig: “Op las van die koning en sy belangrike amptenare: Niemand mag aan enigiets proe nie – nie mens of dier, beeste of kleinvee nie. Hulle mag nie eet of water drink nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het vir die mense van Nineve gesê: “Die koning en sy amptenare sê: Niemand mag iets eet of drink nie, nie 'n mens of 'n dier nie, nie 'n bees of 'n skaap of 'n bok nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het ’n amptelike afkondiging in Nineve laat maak: “Op las van die koning en sy kabinet: Geen mens of bees of vee in Nineve mag enigiets eet of drink nie.