Jonah 3:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want 'n woord het tot die koning van Nineve gekom, en hy het van sy troon af opgestaan, en hy het sy kleed van hom af neergelê en hom met 'n roukleed bedek en in die as gaan sit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe die koning van Nineve hoor wat Jona sê, het hy van sy troon af opgestaan en sy koninklike klere uitgetrek. Hy het rouklere aangetrek en op ’n ashoop gaan sit. |
| Afrikaans 1933/1953 | En toe die berig die koning van Ninev, bereik, het hy opgestaan van sy troon en sy mantel afgehaal en in rougewaad gehuld in die as gaan sit. |
| Afrikaans 1983 | Die berig het ook by die koning van Nineve uitgekom. Hy het van sy troon af opgestaan en sy koningsklere uitgetrek, rouklere aangetrek en op 'n ashoop gaan sit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe die berig die koning van Nineve bereik, het hy van sy troon af opgestaan, sy koningsmantel afgegooi, 'n roukleed omgehang en in die stof gaan sit. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die koning van Nineve het hiervan gehoor. Hy het toe afgeklim van sy troon en hy het sy koningsklere uitgetrek. Hy het rouklere aangetrek en hy het op 'n ashoop gaan sit. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe die koning van Nineve van God se besluit hoor, het hy van sy troon afgeklim. Hy het sy koningsklere uitgetrek en ook begrafnisklere aangetrek. Hy het by die ashoop gaan sit. Hy het as oor homself gestrooi om te wys hoe jammer hy was oor al die verkeerde dinge wat hulle gedoen het. |