Jonah 3:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Jona het 'n dagreis in die stad begin ingaan, en hy het uitgeroep en gesê: Nog veertig dae, en Nineve sal omvergewerp word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die eerste dag toe Jona in die stad ingegaan het, het hy uitgeroep: “Oor 40 dae sal Nineve vernietig word!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En Jona het begin met een dagreis ver die stad in te gaan en het gepreek en gesê: Nog veertig dae, dan word Ninev, verwoes. |
| Afrikaans 1983 | Jona het die stad ingegaan en 'n dag lank daar rondgestap en toe roep hy: “Nog net veertig dae en Nineve word verwoes!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jona het begin om die stad binne te gaan, 'n dag se loop ver. Hy het uitgeroep: “Nog net veertig dae, dan word Nineve verwoes!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jona het in die stad in geloop, een dag lank. Hy het gepraat sodat al die mense dit kon hoor. Hy het gesê: “Oor 40 dae sal God die mense in Nineve straf en Hy sal die stad verwoes!” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Jona ’n dag ver in die stad in was, het hy die Here se boodskap vir hulle gegee. Hy het vir hulle gesê wat die Here besluit het. Hy het gesê: “Daar is nog 40 dae oor voordat die Here Nineve gaan verwoes!” |