Jonah 3:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Staan op, gaan na Nineve, die groot stad, en verkondig die prediking wat ek jou beveel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Maak jou gereed en gaan na die groot stad Nineve. Dra die oordeelsboodskap wat Ek jou gegee het aan hulle oor.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Maak jou klaar, gaan heen na die groot stad Ninev,, en verkondig daar die boodskap wat Ek jou sal sê. |
| Afrikaans 1983 | “Maak klaar, gaan na die groot stad Nineve toe en spreek hom aan met die boodskap wat Ek jou sal gee.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Staan op, gaan na Nineve, die groot stad, en verkondig aan die stad die boodskap wat Ek aan jou opdra.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Jy moet gereedmaak. Jy moet na die groot stad Nineve gaan. Jy moet vir die mense sê wat Ek vir jou gesê het om vir hulle te sê.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Gaan gee my boodskap vir die groot stad Nineve. Sê vir hulle van my besluit waaroor Ek en jy laas keer gepraat het.” |