Jonah 3:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En God het hulle werke gesien, dat hulle hulle van hulle verkeerde weg bekeer het; en God het berou gehad oor die onheil wat Hy gesê het dat Hy hulle sou aandoen; en hy het dit nie gedoen nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe God sien dat hulle opgehou het om verkeerd te doen, was Hy hulle genadig. Hy het daarvan afgesien om hulle te vernietig soos Hy gedreig het om te doen.
Afrikaans 1933/1953 En God het hulle werke gesien dat hulle hul bekeer het van hulle verkeerde weg; toe het God berou gehad oor die onheil wat Hy gesê het dat Hy hulle sou aandoen, en Hy het dit nie gedoen nie.
Afrikaans 1983 Toe God sien wat hulle doen, en hoe hulle hulle bekeer van hulle verkeerde dade, het Hy afgesien van die ramp wat Hy gesê het Hy oor hulle sal bring. Hy het nie die ramp gestuur nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) God het gesien wat hulle doen, dat hulle teruggedraai het van hulle verkeerde pad. God was jammer dat Hy gesê het Hy gaan 'n ramp oor hulle bring, en Hy het dit toe nie uitgevoer nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) God het gesien die mense van Nineve het opgehou om verkeerde dinge te doen. God was jammer vir hulle en Hy het hulle nie gestraf nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) God het gesien wat hulle doen. Hy het gesien hoe hulle probeer ophou met die verkeerde dinge wat hulle gedoen het. Hy het spyt gekry oor sy besluit. Hy het van plan verander en die stad toe nie verwoes nie.