John 9:41 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jesus sê vir hulle: As julle blind was, sou julle geen sonde hê nie; maar nou sê julle: Ons sien; daarom bly julle sonde. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jesus het hulle geantwoord: “As julle blindes was, sou julle nie sonde gehad het nie; maar nou beweer julle julle kan sien. Daarom bly julle sonde staan.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Jesus antwoord hulle: As julle blind was, sou julle geen sonde hê nie; maar nou sê julle: Ons sien! Daarom bly julle sonde. |
| Afrikaans 1983 | Jesus antwoord hulle: “As julle blind was, sou julle nie skuldig gewees het nie; maar nou sê julle: ‘Ons sien.’ Daarom bly julle skuldig.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jesus het vir hulle gesê: “As julle blind was, sou julle geen sonde hê nie, maar nou sê julle, ‘Ons sien.’ Daarom bly julle in julle sonde.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het vir hulle gesê: “As julle besef het dat julle blind is, dan het julle nie sonde gedoen nie. Maar nou sê julle dat julle kan sien. Daarom bly julle skuldig.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesus het Hom nie laat afskrik nie: “As julle God regtig nie geken het nie, sou God nie julle foute teen julle gehou het nie. Maar nou laat julle almal goed verstaan dat júlle eintlik die mense is wat God baie goed ken. Wel, juis daarom sal julle die skuld moet dra vir elke verkeerde ding wat julle doen.” |