John 9:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle antwoord en sê vir hom: Jy is heeltemal in sondes gebore, en leer jy ons? En hulle het hom uitgedryf.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het daarop reageer: “Jy is geheel en al in sonde gebore, en wil jý ons nou kom onderrig?” Hulle het hom toe uit die sinagoge geban.
Afrikaans 1933/1953 Hulle antwoord en sê vir hom: Jy is heeltemal in sondes gebore, en leer jy ons? En hulle het hom uitgeban.
Afrikaans 1983 Hulle sê toe vir hom: “Jy is van jou geboorte af die ene sonde, en wil jy ons staan en leer?” En hulle het hom uitgeban.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het hom geantwoord: “Jy is heeltemal in sonde gebore, en probeer jy ons leer?” En hulle het hom uitgeban.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê die Jode vir die man wat blind was: “Jy is nog altyd 'n sondaar, vandat jy gebore is! Jy kan nie vir ons leer nie.” Toe het hulle hom uitgeskop uit die sinagoge.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Joodse leiers was woedend. “Jou hele lewe is net een groot stuk sonde. Van God en sy dinge weet jy net mooi niks! Nou wil jy jou lyf staan en godsdiensonderwyser hou by ons. Watter vermetelheid!” Hulle het hom verbied om weer sy voete by enige van hulle byeenkomste te sit. Hy was nie meer by hulle as Jode welkom nie.