John 9:31 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Nou weet ons dat God nie na sondaars luister nie; maar as iemand 'n aanbidder van God is en sy wil doen, na hom luister Hy.
Afrikaans (NLV) 2011 Ons weet goed dat God nie na sondaars luister nie, maar as iemand godvresend is en sy wil uitvoer, luister God na só ’n persoon.
Afrikaans 1933/1953 En ons weet dat God nie sondaars verhoor nie; maar as iemand godvresend is en sy wil doen, die verhoor Hy.
Afrikaans 1983 Ons weet dat God nie na sondaars luister nie; maar as iemand vir Hom ontsag het en doen wat Hy wil hê, luister God na hom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ons weet dat God sondaars nie verhoor nie, maar as iemand godvresend is en sy wil doen, verhoor Hy hom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons weet God luister nie na sondaars nie. God luister na mense wat Hom dien en wat doen wat Hy wil hê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons almal weet tog dat God nie na mense luister wat niks met Hom te doen wil hê nie. God verhoor slegs die gebede van iemand wat Hom dien en so optree dat God met hom tevrede voel.