John 9:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy antwoord hulle: Ek het dit alreeds vir julle gesê, en julle het nie gehoor nie; waarom sou julle dit weer hoor? sal julle ook sy dissipels wees?
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het hulle geantwoord: “Ek het julle reeds vertel, maar julle het nie geluister nie. Om watter rede wil julle dit weer hoor? Julle wil tog sekerlik nie ook dissipels van hom word nie?”
Afrikaans 1933/1953 Hy antwoord hulle: Ek het julle dit alreeds gesê, en julle het nie geluister nie. Waarom wil julle dit weer hoor? Julle wil tog nie ook sy dissipels word nie?
Afrikaans 1983 “Ek het julle mos al vertel, en julle het nie geluister nie,” antwoord hy. “Hoekom wil julle dit weer hoor? Julle wil tog nie ook dissipels van hom word nie?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy antwoord hulle: “Ek het reeds vir julle gesê, maar julle het nie geluister nie. Wat wil julle weer hoor? Julle wil tog nie ook sy dissipels word nie?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die man het vir hulle gesê: “Ek het dit klaar vir julle vertel, en julle het nie geluister nie. Hoekom wil julle dit weer hoor? Wil julle Jesus se dissipels word?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Maar luister julle nie na wat ek sê nie? Ek het mos al vir julle alles vertel. Hoekom wil julle dit weer hoor? Julle wil hom nie dalk begin volg nie, of hoe?”