John 9:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe roep hulle weer die man wat blind was, en sê vir hom: Gee God die lof; ons weet dat hierdie man 'n sondaar is.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Jode het die man wat blind was, vir ’n tweede keer nadergeroep en vir hom gesê: “Gee erkenning aan God; ons weet dat hierdie man ’n sondaar is.”
Afrikaans 1933/1953 Hulle roep toe vir die tweede keer die man wat blind was, en sê vir hom: Gee aan God die eer; ons weet dat hierdie man 'n sondaar is.
Afrikaans 1983 Die Jode het toe die tweede keer die man wat blind was, geroep en vir hom gesê: “Praat die waarheid voor God; ons weet mos hierdie man is 'n sondaar.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het toe die man wat blind was 'n tweede keer laat roep en vir hom gesê: “Gee aan God die eer; ons weet dat hierdie man 'n sondaar is.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Jode roep toe weer die man wat blind was. Hulle het vir hom gesê: “Jy moet God eer en jy moet die waarheid praat. Ons weet hierdie man Jesus is 'n sondaar.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Tweede keer roep die Joodse leiers toe die man nader. Hulle wou hom ’n bietjie toets: “Gaan liewers op jou knieë en sê vir God dankie. Maak Hom groot. Vergeet van hierdie ander man, hierdie Jesus; hy’s sommer ’n regte sondaar!”