John 9:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle sê weer vir die blinde man: Wat sê jy van hom dat hy jou oë oopgemaak het? Hy het gesê: Hy is 'n profeet. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Weer ’n keer sê hulle toe vir die blinde: “En wat sê jý oor hom? Hierdie man wat kwansuis jou oë oopgemaak het?” Hy het geantwoord: “Hy is ’n profeet.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Weer sê hulle vir die blinde man: Jy, wat sê jy van Hom, aangesien Hy jou oë geopen het? En hy antwoord: Hy is 'n profeet. |
| Afrikaans 1983 | Hulle sê toe weer vir die man wat blind was: “Wat sê jý van hom? Hy het mos jou oë genees.” “Hy is 'n profeet,” het hy geantwoord. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle sê toe weer vir die blinde man: “Wat sê jý van hom, aangesien hy jou oë oopgemaak het?” En hy antwoord: “Hy is 'n profeet.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe vra die Fariseërs weer vir die man wat blind was: “Wat dink jy van die man wat jou laat sien het?” Die man wat blind was, het gesê: “Ek dink hy is 'n profeet.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle ondervra die man toe weer: “Sê vir ons, wat dink jy van Jesus? Jy behoort mos te weet, want dit is jou oë wat hy gesond gemaak het.” “Hy’s ’n man van God, ’n profeet,” kom die kort, maar kragtige antwoord. |