John 9:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom het sommige van die Fariseërs gesê: Hierdie man is nie uit God nie, omdat hy die sabbatdag nie onderhou nie. Ander het gesê: Hoe kan 'n mens wat 'n sondaar is, sulke wonderwerke doen? En daar was verdeeldheid onder hulle. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sommige Fariseërs het opgemerk: “Hierdie man kom nie van God nie, want hy hou nie die Sabbat nie.” Van die ander het egter gesê: “Hoe kan iemand wat ’n sondaar is, sulke wondertekens doen?” Onder hulle het hewige verdeeldheid ontstaan. |
| Afrikaans 1933/1953 | En sommige van die Fariseërs sê: Hierdie man kom nie van God nie, omdat Hy die sabbat nie hou nie. Ander sê: Hoe kan 'n sondige mens sulke tekens doen? En daar was verdeeldheid onder hulle. |
| Afrikaans 1983 | Party van die Fariseërs sê toe: “Hierdie man kom nie van God nie, want hy hou nie die sabbatdag nie.” Maar van die ander het gesê: “Hoe kan iemand wat 'n sondaar is, sulke wondertekens doen?” En daar was verdeeldheid onder hulle. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sommige van die Fariseërs sê toe: “Hierdie man kom nie van God nie, want hy hou nie die Sabbat nie. ” Ander het egter gesê: “Hoe kan 'n sondige mens sulke tekens doen?” En hulle was verdeeld. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Party Fariseërs het gesê: “Die man wat dit gedoen het, kom nie van God nie, want hy werk op die Sabbatdag.” Ander Fariseërs het gesê: “Iemand wat hierdie wondertekens doen, is nie 'n sondaar nie.” Die Fariseërs het baie met mekaar gestry. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Party het gesê: “Ons kan nie sien hoe hierdie man enigiets met God te doen kan hê nie. Hy steur hom dan glad nie aan die reëls vir die sabbat nie.” Ander het weer sterk van hulle verskil. “Ons stem nie saam nie,” het hulle gesê. “Hoe verklaar julle al dié wonderlike dinge wat hy doen? Waar sal iemand wat niks met God te doen wil hê nie die krag vandaan kry vir dié wonders?” |