John 9:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe vra die Fariseërs hom ook weer hoe hy sy gesig gekry het. Hy sê vir hulle: Hy het klei op my oë gelê, en ek was en sien. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Fariseërs het hom weer ’n keer gevra hoe hy begin sien het. Hy het hulle geantwoord: “Hy het klei op my oë gesit en ek het my gaan was, en nou sien ek.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Die Fariseërs vra hom toe weer hoe hy siende geword het. En hy antwoord hulle: Hy het klei op my oë gesit, en ek het my gewas en ek sien. |
| Afrikaans 1983 | Die Fariseërs het hom ook weer gevra hoe dit gekom het dat hy kan sien. Hy het hulle geantwoord: “Hy het klei op my oë gesit en ek het my gewas, en nou sien ek.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Fariseërs het hom toe weer gevra hoe hy begin sien het. Hy het hulle geantwoord: “Hy het modder op my oë gesit en ek het my gewas, en nou sien ek.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Fariseërs het ook vir hom gevra hoekom hy nou kan sien. Hy het vir hulle gesê: “'n Man het klei op my oë gesit, ek het my gewas en ek kon sien.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Fariseërs wou die hele storie van voor af hoor. Die man het weer alles van die modder en die bad vertel. Die Fariseërs het nie mooi geweet wat om van alles te dink nie. |