John 9:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy antwoord en sê: 'n Man wat Jesus genoem word, het klei gemaak en my oë gesalf en vir my gesê: Gaan na die bad van Siloam en was jou; en ek het gegaan en my gewas, en ek het gesien. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die man het geantwoord: “Die man met die naam Jesus het klei gemeng en dit aan my oë geplak en vir my gesê: ‘Gaan na Siloam toe en was jou.’ Ek het gegaan en my gewas en ek het begin sien!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy antwoord en sê: Die man wat Jesus genoem word, het klei gemaak en op my oë gesmeer en vir my gesê: Gaan na die badwater Siloam en was jou. En ek het gegaan en my gewas en ek sien. |
| Afrikaans 1983 | En hy antwoord: “Die man met die naam Jesus het 'n bietjie klei aangemaak en dit aan my oë gesmeer en vir my gesê: ‘Gaan na Siloam toe en was jou.’ Ek het gegaan en my gewas, en ek kon sien!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy antwoord: “Die man wat Jesus genoem word, het modder gemaak en dit aan my oë gesmeer en vir my gesê, ‘Gaan na Siloam en was jou.’ Ek het toe gegaan en my gewas, en ek het begin sien.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die man het gesê: “'n Man het klei gemaak en hy het dit aan my oë gesmeer. Die man se naam is Jesus. Toe het hy vir my gesê ek moet my in die Siloam-dam gaan was. Ek het dit gedoen en toe kon ek sien.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die man vertel hulle toe alles: hoe Jesus modder gemaak en dit op sy oë gesmeer het; hoe Jesus hom na die Siloambad toe gestuur het om te was, en nou kan hy sien! Die mense vra toe opgewonde: |