John 8:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy homself opgehef en vir hulle gesê: Wie onder julle sonder sonde is, laat hom eers 'n klip op haar gooi.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe hulle aanhou om vrae te vra, het Jesus regop gestaan en vir hulle gesê: “Laat die een onder julle wat sondeloos is, die eerste een wees wat ’n klip na haar gooi.”
Afrikaans 1933/1953 Maar toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy Hom opgerig en vir hulle gesê: Laat die een van julle wat sonder sonde is, die eerste 'n klip op haar gooi.
Afrikaans 1983 Toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy regop gekom en vir hulle gesê: “Laat die een van julle wat 'n skoon gewete het, eerste 'n klip op haar gooi.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe hulle egter volhou met hulle vrae aan Hom, het Hy regop gekom en vir hulle gesê: “Laat die een wat sonder sonde is, eerste 'n klip na haar gooi.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle het aangehou om vir Jesus te vra wat Hy dink hulle moet doen. Toe het Jesus opgestaan en Hy het vir hulle gesê: “As daar een van julle is wat nog nooit sonde gedoen het nie, dan moet hy haar eerste met 'n klip gooi!”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Joodse geleerdes het egter aangehou neul. Uiteindelik kyk Jesus op en sê vir hulle: “Nou goed, gaan maar aan. Julle weet skynbaar wat om te doen. Maar daar is een voorwaarde: die een van julle wat nog nooit aan God ongehoorsaam was nie, moet die leiding neem. Hy moet eerste ’n klip optel en haar daarmee gooi.”