John 8:56 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jou vader Abraham was bly om my dag te sien, en hy het dit gesien en was bly. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Abraham, julle voorvader, het met uitbundige blydskap uitgesien na my dag; en hy het dit gesien en was verheug.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Abraham, julle vader, het hom verheug dat hy my dag sou sien; en hy het dit gesien en het hom verbly. |
| Afrikaans 1983 | Abraham, julle voorvader, het hom daaroor verheug dat hy die dag van my koms sou sien, en hy het dit gesien en was bly.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Abraham, julle vader, het daaroor gejubel dat hy die dag van my koms sou sien, en hy het dit gesien en was bly.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle vader Abraham was baie bly toe hy gesien het dat Ek sal kom. Hy het dit gesien en hy was baie bly.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit het julle vader Abraham baie opgewonde gemaak om hom net voor te stel hoe dit sou wees as Ek kom. Hy het nie daaraan getwyfel dat Ek sou kom nie en hy was bly daaroor.” |