John 8:54 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Jesus antwoord: As Ek Myself eer, is my eer niks; dit is my Vader wat My eer; van wie julle sê dat Hy julle God is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jesus het geantwoord: “As Ek Myself verheerlik, is my heerlikheid niks werd nie. Dit is my Vader wat My verheerlik, oor Wie julle sê: ‘Hy is ons God,’ |
| Afrikaans 1933/1953 | Jesus antwoord: As Ek Myself verheerlik, is my heerlikheid niks nie. Dit is my Vader wat My verheerlik, van wie julle sê dat Hy julle God is. |
| Afrikaans 1983 | Maar Jesus antwoord: “As Ek Myself verheerlik, beteken my heerlikheid niks. Dit is my Vader wat My verheerlik. Julle sê: ‘Hy is ons God,’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jesus het geantwoord: “As Ek Myself verheerlik, is my heerlikheid niks werd nie. Dit is my Vader wat My verheerlik, Hy van wie julle sê, ‘Hy is ons God.’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jesus het gesê: “Ek sê nie self Ek is belangrik nie, want as Ek dit sê, dan beteken my woorde niks. Die Vader sê Ek is belangrik, dié Vader vir wie julle sê: ‘Ons God.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Kyk, Ek probeer nie voorgee dat Ek belangriker is as wat Ek regtig is nie. Dit sou niks help nie,” sê Jesus. “Dit is my Vader wat wil hê dat julle moet sien hoe belangrik Ek regtig is. En weet julle wie is my Vader? Dit is niemand anders as die Een wat julle julle God noem nie. |