John 8:52 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die Jode vir hom: Nou weet ons dat jy 'n duiwel het. Abraham is dood, en die profete; en jy sê: As iemand my woord bewaar, sal hy nooit die dood smaak nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die Jode se reaksie was: “Nou weet ons verseker dat jy in die mag van ’n bose gees is. Abraham en die profete het reeds gesterf; nietemin sê jy: ‘As iemand my boodskap gehoorsaam, sal hy so nimmer as te nooit sterf nie.’
Afrikaans 1933/1953 Toe sê die Jode vir Hom: Nou weet ons dat U van die duiwel besete is. Abraham het gesterwe en die profete, en U sê: As iemand my woord bewaar, sal hy die dood in der ewigheid nie smaak nie.
Afrikaans 1983 Die Jode sê toe vir Hom: “Nou is ons seker dat jy van die duiwel besete is. Abraham het gesterwe en die profete ook, en tog sê jy: ‘As iemand my woorde ter harte neem, sal hy in alle ewigheid nooit sterwe nie.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Jode het toe vir Hom gesê: “Nou weet ons vir seker dat jy 'n demoon het. Abraham het gesterf en ook die profete, en tog sê jy, ‘As iemand my woord bewaar, sal hy die dood tot in ewigheid nie smaak nie. ’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê die Jode vir Jesus: “Nou weet ons dit is 'n duiwel wat jou so laat praat. Abraham het gesterf en die profete het gesterf. Maar nou sê jy as iemand doen wat jy sê, dan sal hy nooit sterf nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Jode het nie op hulle laat wag nie. “Nou wonder ons nie meer of jy van jou sinne beroof is nie, ons weet dit! Jy raak sommer goed kwyt soos dat die een wat jou woorde ernstig opneem, nooit geestelik sal doodgaan nie. Weet jy dan nie dat Abraham gesterf het nie? En weet jy nie dat God se boodskappers van ouds almal dood is nie? Wil jy nou probeer sê dat hulle nie God se boodskap geken het nie? Wat ’n vermetelheid!