John 8:51 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as iemand my woord bewaar, sal hy nooit die dood sien nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek verseker julle, as iemand my boodskap gehoorsaam, sal hy so nimmer as te nooit sterf nie.”
Afrikaans 1933/1953 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as iemand my woord bewaar, sal hy die dood in der ewigheid nie sien nie.
Afrikaans 1983 Dít verseker Ek julle: As iemand my woorde ter harte neem, sal hy in alle ewigheid nooit sterwe nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Amen, amen, Ek sê vir julle: As iemand my woord bewaar, sal hy die dood tot in ewigheid nie sien nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek sê vir julle, en dit is seker: As iemand doen wat Ek sê, dan sal hy nooit sterf nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Nou wil Ek regtig vir julle iets belangriks sê: as iemand dit wat Ek sê so ernstig opneem dat dit die enigste manier word waarop hy dink en optree, sal hy nooit, maar nooit, geestelik doodgaan nie.”