John 8:50 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ek soek nie my eie eer nie; daar is een wat soek en oordeel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek soek nie my eie eer nie; daar is Iemand wat my eer soek. Laat Hý hieroor beslis. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ek soek nie my eer nie; daar is Een wat dit soek en wat oordeel. |
| Afrikaans 1983 | Ek soek egter nie na eer vir Myself nie; daar is Een wat eer vir My soek, en Hy is regter. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek is nie op soek na eie verheerliking nie; daar is Een wat dit wel vereis, en Hy beslis daaroor. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is nie Ek wat wil hê julle moet sê Ek is belangrik nie. Dit is my Vader wat wil hê julle moet sê Ek is belangrik. Dit is Hý wat mense oordeel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is nie Ek wat graag in die kalklig wil staan nie. Dit is God wat wil hê dat mense moet dink Ek is belangrik. En Hy is die Een wat besluit wat reg of verkeerd is. |