John 8:47 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy wat uit God is, luister na die woorde van God;
Afrikaans (NLV) 2011 Wie van God afkomstig is, luister na die woorde van God. Daarom luister julle nie omdat julle nie van God afkomstig is nie.”
Afrikaans 1933/1953 Die wat uit God is, luister na die woorde van God. Daarom luister julle nie, omdat julle nie uit God is nie.
Afrikaans 1983 Wie 'n kind van God is, luister na die woorde van God. Juis daarom luister julle nie, omdat julle nie kinders van God is nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy wat uit God is, luister na die woorde van God. Dit is waarom julle nie luister nie, omdat julle nie uit God is nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Iemand wat aan God behoort, luister na wat God sê. Julle luister nie na wat Hy sê nie, want julle behoort nie aan God nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek kan maar net aan een rede dink: ’n kind van God sal mos graag na God luister. Julle wil nie na My luister nie, wat maar net kan beteken dat julle nie kinders van God is nie.”