John 8:41 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Julle doen die werke van julle vader. Toe sê hulle vir hom: Ons is nie uit hoerery gebore nie; ons het een Vader, naamlik God.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle doen net wat júlle pa gedoen het.” Hulle sê toe vir Hom: “Ons is nie uit owerspel gebore nie. Ons het net een Vader, en dit is God.”
Afrikaans 1933/1953 Julle doen die werke van jul vader. Toe sê hulle vir Hom: Ons is nie uit ontug gebore nie; ons het een Vader, naamlik God.
Afrikaans 1983 Julle doen wat julle vader gedoen het.” Hulle sê toe vir Hom: “Ons is nie uit owerspel gebore nie. Ons het net die een Vader, naamlik God.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Julle doen die dade van júlle vader.” Hulle het toe vir Hom gesê: “Ons is nie uit hoerery gebore nie. Ons het een Vader, naamlik God. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Nee, julle doen dinge wat julle vader doen.” Die Jode het vir Jesus gesê: “Ons is nie buite-egtelike kinders nie. Ons het net een Vader. Dit is God!”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Maar julle tree presies op soos julle regte pa sou optree,” sê Jesus. Hulle snap toe waarop Jesus eintlik sinspeel: “Ons is g’n buite-egtelike kinders nie! Ons het net een Vader en dit is God self.”